0 0 0 0 0 0   A A A | Print  Print this page

ABOUT THE UNIVERSITY

Welcome


Welkom by UK

Dr Max PriceWelkom by die Universiteit Kaapstad. Hierdie webwerf is ontwerp om u 'n oorsig van die lewe en bedrywighede by die UK te gee.

Gevestig in 1829, het die UK 'n trotse tradisie van akademiese uitnemendheid en die bewerkstelliging van sosiale verandering en ontwikkeling deur baanbrekende vakkundigheid, fakulteite en studente.

Dit is ook beroemd vir sy asemrowende skoonheid; die kampus aan die voet van Tafelberg se Duiwelspiek bied 'n panoramiese uitsig oor 'n breë deel van Kaapstad.

Die UK en die stad Kaapstad is eenders: dit het 'n lewendige, kosmopolitiese gemeenskap. Dit is 'n kulturele smeltkroes waar elke persoon 'n bydrae maak van 'n unieke vermenging van kennis en denke. Ons personeel en studente kom van meer as 100 lande in Afrika en die res van die wêreld. Die universiteit het ook bande, vennootskappe en uitruil-ooreenkomstes met die voorste Afrika- en internasionale instellings gemaak wat die akademiese, sosiale en kulturele diversiteit van ons kampus verder verryk.

Hierdie erfenis karakteriseer die ervaring om by die UK te studeer waar ons studente bekendgestel word aan 'n lewe van leierskap en diens deur sosiale betrokkenheid. Hulle het eweneens die geleentheid om hul leierskapvaardighede te slyp deur sowel aan meer as 100 klubs en verenigings as aan studentebestuur deel te neem.

As universiteit is ons verbind om gegradueerdes op te lewer wat nie net 'n goeie opvoeding het nie, maar ook bewus is van die verantwoordelikhede van demokratiese burgerskap. Dit is belangrik aangesien instellings van hoër opvoeding oor die algemeen 'n plig het om 'n opgevoede en intelligente gemeenskap te ontwikkel, wat 'n belangrike aspek van 'n geslaagde demokrasie is. Dít is die basis waarop die UK die mees diepsinnige bydrae maak tot die ontwikkeling en transformasie van ons gemeenskap.

Die UK se reputasie vir uitnemendheid word ondersteun deur sy kenmerkende navorsing, gelei deur vooraanstaande fakulteite, waarvan vele wêreldleiers in hul onderskeie vakgebiede is. Ons navorsers gee ook klas en verseker dus dat ons voorgraadse en nagraadse studente direk baat vind by die nuutste navorsing en ontdekkings.

Universiteite het die unieke geleentheid om die toekoms van ons gemeenskap te beïnvloed deur die toekomstige leiers van ons land (beide in die sakewêreld en regering) op te voed en te vorm. Ons reputasie as een van die voorste universiteite in navorsing en onderrig word ook beliggaam deur die gehalte van ons oudstudente, van wie vele steeds voortreflike bydraes in ons samelewing lewer.

Voel gerus vry om deur hierdie webbladsye te kyk vir inligting oor alle aspekte van die universiteit. Jy kan ook na ons fotoalbums kyk wat die hoogtepunte van die lewe by die UK weergee.

Dr Max Price
Vise-Kanselier

terug na bo

Download

About UCT 2012 - 2013

About UCT 2012 - 2013