Facebook 0 Flickr 0 LinkedIn 0 Twitter 0 Open teaching & learning content 0 Knowledge Co-op 0 eResearch (staff only)   Adjust text size A A A | Print  Print this page

APPLYING TO UCT

Welcome


Welkom by UK

Dr Max PriceWelkom by die Universiteit van Kaapstad - Suid-Afrika se oudste universiteit en een van Afrika se voorste onderrig- en navorsingsinstellings.

Deur middel van hierdie webwerf hoop ons om vir jou 'n virtuele toer deur die akademiese en studentelewe by die Universiteit te gee sodat jy weet wat om te wagte te wees indien jy besluit om hierheen te kom vir jou studies.

Die Universiteit is trots op ons internasionaal-erkende akademiese rekord. Ons verskil van ander tersiëre instellings daarin dat ons die meeste wêreldklas, A-graad aangeslane navorsers in Suid-Afrika het, en ook die meeste leerstoele het wat deur die NRF ingestel is. Dit beteken dat ons voor- en nagraadse studente blootgestel word aan uitmuntende navorsers wat erkende wêreldleiers in hul onderskeie domeine is.

Ons doel is om toekomstige leiers voor te berei. Die Universiteit benader studenteontwikkeling derhalwe holisties sodat jy onderrig ontvang wat veel verder strek as die leergang van die lesingkamer. Daar is baie geleenthede om jou leierskapvaardighede te ontwikkel, aan die verskillende klubs en organisasies op kampus deel te neem en betrokke te raak by koshuiskomitees en studenteorganisasies soos die Verteenwoordigende Studenteraad en die Studenteparlement. Ons plaas ook groot klem op sosiale betrokkenheid en gemeenskapsdiens deur middel van inisiatiewe soos die Students Health and Welfare Centres Organisation (SHAWCO).

By die Universiteit is jy bevoorreg om in 'n dinamiese, multikulturele omgewing te studeer saam met personeel en studente vanuit meer as 100 lande in Afrika en die res van die węreld. Internasionale studente maak ongeveer 20% van die studenteliggaam uit en dus kan jy met jong mense vanuit verskillende kulture en agtergronde omgaan. Ons lok graag talentvolle, toegewyde studente met ons vele programme en opsies en bied ondersteuning ten opsigte van akademiese werk, sosiale betrokkenheid en finansiële bystand.

Ek nooi jou uit om deur hierdie webwerf te blaai en om ook na die foto's in ons photo albums te kyk wat jou 'n kykie op die kampuslewe sal bied.

Ons sien daarna uit om jou by die Universiteit van Kaapstad te verwelkom.

terug na bo